23 August 2007

Beskuit Bak


Hi Almal


Soos julle weet die Australianers het nie 'n idee wat Beskuit is nie en die enigste manier om hier beskuit te kry is om dit self te BAK. Ek moet nou erken dit is iets wat ek nog nooit gedoen het nie en nie regtig weet hoe om te doen nie.


So gaan kuier ons toe een aand by vriende en ek vertel die storie van ek wat nie kan beskuit bak nie aan 2 ou tannies - Oumie en Tannie Emmie wat hier by haar seun in Australia kom kuier het vir 'n maand. Ek word toe in "detail" verduidelik van hoe die beskuit geknie moet word en hoe dit moet rys en dat daar dan bolletjies gemaak moet word ens. Ek het natuurlik vir hulle op daardie stadium soos 'n regte Dom Blond gelyk - want ek sou eerder dink 'n mens maak die deeg aan, gooi dit in 'n pan en bak dit. - Net daar is besluit dat Tannie Emmie die Donderdag vir my gaan kom leer hoe om ordentlike boerebesluit te bak. Die resultaat - Eddie het die lekkerste beskuit vir sy koffie in die oggend. Weet nou nie hoe dit sal gaan as ek dit self moet probeer nie.

No comments: