09 December 2007

Sydney


Hallo
Ek en Eddie het die oggend van die 27ste November baie vroeg Sydney toe gevlieg vir die Elton John Show. Die kinders het by 'n vriendin gebly. Die 3 dae in Sydney was absoluut WOW gewees.

Die Elton John show was seker een van die beste live shows wat ons nog gesien het. Daar was seker ongeveer so tussen 40 en 50 000 mense gewees. Hy het vanaf 8 uur tot 10:45 aanmekaar gespeel. Hy het al sy bekende "songs" gedoen en dit was net ongelooflik gewees. Glo nie ons sal weer so iets beleef nie.

Ons het in die Sydney Olympic Park gebly en het maar met die taxi's en eenkeer met die trein gery tot in Sydney stad. Daar is ongelooflike winkels in Sydney self. Defnitief te duur vir ons om by te koop, maar dit was lekker om dit te sien. Ons het die hawe met 'n boot verken en was op in die Sydney tower met 'n ongelooflike uitsig oor die stad. Defnitief 3 dae om te onthou.

Suid-Afrikaners se Kamp Naweek op Mareeba


Fotos: Ons saam met van ons Suid-Afrikaanse vriende.



Groot pogings word aangewend om die tente op te slaan
Hi,

Ons het die naweek van die 11de November saam met al die Suid-Afrikaaners van Cairns en omgewing saamgetrek en 'n behoorlike boerenaweek gehou.

Eenkeer 'n jaar kom al die Suid-Afrikaners op die SA boer se plaas bymekaar en kamp daar vir die naweek. Ons is die Saterdagoggend vroeg soontoe en het die hele dag saam gekuier. Die kinders het op die trekker gery, die mans het krieket gespeel en verder het ons net gekuier. Die aand het ons 'n groot skaapbraai in die skuur gehou. Dit is 'n naweek om te hou en ek moet erken die BOERE kan kuier. Daar het 'n hele paar die Sondagoggend opgestaan met GROOT kopsere.

Daar is ongeveer so 4 SA boere wat in die Mareeba omgewing met hoofsaaklik Mangos boer. Ek moet sê die boere hier werk hard, want daar is geen "swart" hulp nie. Hier is wel mense wat van plaas tot plaas trek en dan vir 'n maand of wat die boere help as dit oestyd is. Dit is veral jong mense wat so op die plase gaan werk. Die res van die tyd doen die mense wat fisies op die plaas bly al die harde werk.

Lake Tinaroo

Michelle Kayla

Michelle se gesiggie sê alles ..
Eddie saam met die 2 kinders op die boot
Die dag en opgewondenheid het te veel geraak

"The BIG Fig Tree"
Almal saam by die "fig tree"

Hallo aan al ons familie en vriende.

Jammer, lanklaas geskry, maar ons was die afgelope maand of 2 lekker besig gewees. Mary en Eddie het gister geland vanaf SA en kuier tot die einde van Januarie. Ai, dit was lekker om weer bekende mense te sien. Eddie was so bly om hulle weer te sien en ek praat nie eers van Michelle en Kayla nie. Wou glad nie eers vanoggend skool toe gaan nie. Het mooi praat gekos. Het 'n paar lekker uitstappies beplan en sal julle almal op hoogte hou van al die lekker dinge wat ons gaan doen.

Ons was ongeveer so 4 weke gelede Lake Tinaroo toe vir die dag. Lake Tinaroo is 'n ongelooflike groot "lake" wat geleë is bo op die Table Lands. Ons was saam met Allan, Odea en hulle kinders daar. Jurie (Suid-Afrikaner wat saam met Eddie werk) en sy vrou Denise was ook saam. Oppad soontoe het ons by 'n massiewe groot "fig tree" gestop wat duisende jare gelede al geplant is. Was nogal iets om te aanskou. Die res van die dag het ons gebraai, boot gery en gekuier. Ons beplan om vanaf die 27 tot die 29ste Desember daar te gaan kamp (ja, ons het al tot vir ons 'n tent gekoop).

23 October 2007

Rugby World Cup Final




























Nou ja, ek dink soos wat die Rugby World Cup Final almal in SA vir 'n week lank aan die praat gehad het, was dit dieselfde in Aus gewees. Die verskil was net dat ons al 4 uur opgestaan het, maar ons het geen probleem gehad om dit te doen nie. Eddie het so ewe vir my Saterdag 'n rugby trui teeen $199 gaan koop vir die geleentheid. (ouch)

Ons het die rugby saam met ander Suid-Afrikaners by Allan en Odea se huis gaan kyk en het eers teen 2 uur die middag by die huis aangekom. Soos julle kan sien - die manne het dit geweldig geniet. Die eerste bier is al met halftyd oopgemaak en met elke punt wat die bokke aangeteken het moes almal 'n "springbokkie" down......
Die rugby was wonderlike en ons het almal erg na SA verlang.

29 September 2007

Tipans vs Crocodiles (Basketball Game)








Ons was Saterdag (22/9/07) by ons eerste Basketball Game - Tipans (Cairns) vs Crocodiles (Townsville).

Ons het dit baie geniet en die atmosfeer was "great". Kayla was van die begin af so opgewonde oor alles en het later saam geskree en hande geklap. Ons het ons verkyk aan haar. Basketball is nogal 'n groot sport gebeurtenis hier in Australia en word deur groot mense en kinders bygewoon en almal dra organje of blou. (Tipans se kleure)

Moet ook byvoeg: Toe die "game" klaar is toe verklaar Eddie dat hy dit baie geniet het, maar dit is verseker nie RUGBY nie..... ( daar is nie genoeg bloed nie)

Nuwe nuus hier by ons: Eddie het gister by die Council bedank en begin die 15de Oktober by Maunsell (groot Engineering Company) werk en ek begin more by VIS Constructions werk as 'n "contracts administrator". Ons is albei opgewonde oor die nuwe wendings in ons lewens en hoop maar alles werk goed uit. Weet nou nie so mooi van die huis skoon hou ens. met die voltydse werke nie, maar ons sal nog iets praktiseer. Yippee, nou sal Eddie in die aand moet skottelgoed was .......

Tot volgende keer.

23 September 2007

Ons bak "cup cakes"












Foto: Die eind resultaat

Dit is Sondagoggend - 23 September 2007.
Eddie het gaan Golf speel en ek en die kinders besluit om "cup cakes" te bak.

Ons kyk "World Cup Rugby"


Foto: Nigel, Helius, Ronie en Eddie
















Foto: Mitz, Bonita, Douline en Mariki

Dit is 5 uur in die oggend en ons kyk SA vs Engeland (15 Sep 2007).

Die een nadeel van Aus - as ons wil sport kyk is dit altyd iewers in die middel van die nag of vroeg oggend - maar dit keer ons nie.......

Ek staan al 4 uur op om seker te maak die huis is soortvan aan die kant en pak gou 'n paar koppies reg en maak seker die "tuisgemaakte beskuit" is daar. Teen 5 uur se kant daag die eerste Suid-Afrikaners op teen 6 uur word die eerste bier se nek gebreek. Na die wedstryd het ons lekker saam 'n groot boere ontbyt gemaak en dit vreeslik geniet.

27 August 2007

Ek moet so 'n bietjie spog
















So 'n paar foto's wat ek van die kinders geneem het.

23 August 2007

Ons gaan verken Brisbane


















Hi Almal

Ons was die naweek van die 11de Augustus Brisbane toe - Hoofdoel: Bob Dylan Show (Live).
Brisban is 'n ongelooflike mooi stad met die Brisbane river wat deur die stad vloei. Ongelukkig toe ons daar was kon ons sien dat dit erg droog is en dat dit regtig maande laas daar gereen het en dat daar geweldige water besperkings is - Gelukkig drink Eddie deesdae sy whisky sonder water.

Ons het by Jan en Linda, ook Suid-Afrikaaners wat al 7 jaar in Brisbane is gebly en hulle was so gasvry en ons het heerlik gekuier. Jan maak al ons biltong, droewors en boerewors wat hy dan stuur van Brisbane na Cairns. Hulle het 'n slaghuis in Brisbane.
Sondag het Linda ons geneem om Brisbane te gaan verken. Ons was eers by een van die groot Winkelsentrums gewees om vir die kinders 'n biejtie klere te gaan koop en het daarna die stad gaan verken. Het op die Brisbane Rivier met 'n water taxi gery en die kinders het dit natuurlik vreeslik geniet.

Maandag het ons hulle Movie World toe gevat. Ons het 'n Shrek Fliek in 4D gaan kyk en die kinders het op al wat 'n karretjie, treintjie en wat okal beweeg gery. Kayla is maar skrikkering, maar Michelle het geen keer aan haar nie. Sy het my selfs op een van die Rollercoasters gehad.

Maandagaand was ons na die Bob Dylan Show toe gewees. Daar was seker ongeveer 20 000 mense gewees. Dit was by die Brisbane Entertainment Centre gewees. Die show was baie goed, behalwe dat hy dalk meer van sy ou, bekende "songs" moes gedoen het.
Brisbane was ongelooflik. Volgende op ons lys is Sydney in November om Elton John te gaan kyk.