18 May 2008

Michelle & Kayla "Flower Girls"








Michelle en Kayla was blomme meisietjies by Benice en Jason se troue. Benice is die dogter van Odea en Allan - goeie vriende van ons. Ma en Pas was baie trots - met rede.

Michelle se 7de Verjaarsdag













Kayla se 4de Verjaarsdag





















My Ma kom kuier
































My ma het vir 2 maande kom kuier (bly) en dit was 'n baie "special" tydtjie gewees. Jammer tyd het so vinnig verby gegaan. Ek glo sy het die ons en die kinders baie geniet - en natuurlik die "huis skoonmaak en baie skottelgoed was".

Hoogte punte van haar kuier was natuurlik Green Island, Kuranda, Port Douglas en 'n "girls getaway" na Palm Cove. Verder het ons Cairns verken, baie gekuier en ons kaste is weer vol beskuit en gevriesde sop ....

Gelukkig sien ons mekaar weer oor 6 maande.

17 March 2008

Elna en Dave kom kuier




Elna (my ma se suster) en haar verloofde Dave was by ons vir 'n paar dae. Dave het besigheid in Auckland, New Zealand gehad en hulle 'n vakansie daarvan gemaak deur Syndey en Cairns ook te besoek.

Nuwejaar 2008






Ons vier Nuwejaar saam met ons vriende by ons huis met 'n "barbeque" en mis al ons SA familie en vriende.

Eddie se Verjaarsdag



Ai, so 'n verraier
Met Eddie se verjaarsdag was ons ongeveer so 35 Suid-Afrikaaners by mekaar gewees by 'n restaurant by die Pier met die naam van Mondo's.