09 December 2007

Sydney


Hallo
Ek en Eddie het die oggend van die 27ste November baie vroeg Sydney toe gevlieg vir die Elton John Show. Die kinders het by 'n vriendin gebly. Die 3 dae in Sydney was absoluut WOW gewees.

Die Elton John show was seker een van die beste live shows wat ons nog gesien het. Daar was seker ongeveer so tussen 40 en 50 000 mense gewees. Hy het vanaf 8 uur tot 10:45 aanmekaar gespeel. Hy het al sy bekende "songs" gedoen en dit was net ongelooflik gewees. Glo nie ons sal weer so iets beleef nie.

Ons het in die Sydney Olympic Park gebly en het maar met die taxi's en eenkeer met die trein gery tot in Sydney stad. Daar is ongelooflike winkels in Sydney self. Defnitief te duur vir ons om by te koop, maar dit was lekker om dit te sien. Ons het die hawe met 'n boot verken en was op in die Sydney tower met 'n ongelooflike uitsig oor die stad. Defnitief 3 dae om te onthou.

Suid-Afrikaners se Kamp Naweek op Mareeba


Fotos: Ons saam met van ons Suid-Afrikaanse vriende.



Groot pogings word aangewend om die tente op te slaan
Hi,

Ons het die naweek van die 11de November saam met al die Suid-Afrikaaners van Cairns en omgewing saamgetrek en 'n behoorlike boerenaweek gehou.

Eenkeer 'n jaar kom al die Suid-Afrikaners op die SA boer se plaas bymekaar en kamp daar vir die naweek. Ons is die Saterdagoggend vroeg soontoe en het die hele dag saam gekuier. Die kinders het op die trekker gery, die mans het krieket gespeel en verder het ons net gekuier. Die aand het ons 'n groot skaapbraai in die skuur gehou. Dit is 'n naweek om te hou en ek moet erken die BOERE kan kuier. Daar het 'n hele paar die Sondagoggend opgestaan met GROOT kopsere.

Daar is ongeveer so 4 SA boere wat in die Mareeba omgewing met hoofsaaklik Mangos boer. Ek moet sê die boere hier werk hard, want daar is geen "swart" hulp nie. Hier is wel mense wat van plaas tot plaas trek en dan vir 'n maand of wat die boere help as dit oestyd is. Dit is veral jong mense wat so op die plase gaan werk. Die res van die tyd doen die mense wat fisies op die plaas bly al die harde werk.

Lake Tinaroo

Michelle Kayla

Michelle se gesiggie sê alles ..
Eddie saam met die 2 kinders op die boot
Die dag en opgewondenheid het te veel geraak

"The BIG Fig Tree"
Almal saam by die "fig tree"

Hallo aan al ons familie en vriende.

Jammer, lanklaas geskry, maar ons was die afgelope maand of 2 lekker besig gewees. Mary en Eddie het gister geland vanaf SA en kuier tot die einde van Januarie. Ai, dit was lekker om weer bekende mense te sien. Eddie was so bly om hulle weer te sien en ek praat nie eers van Michelle en Kayla nie. Wou glad nie eers vanoggend skool toe gaan nie. Het mooi praat gekos. Het 'n paar lekker uitstappies beplan en sal julle almal op hoogte hou van al die lekker dinge wat ons gaan doen.

Ons was ongeveer so 4 weke gelede Lake Tinaroo toe vir die dag. Lake Tinaroo is 'n ongelooflike groot "lake" wat geleë is bo op die Table Lands. Ons was saam met Allan, Odea en hulle kinders daar. Jurie (Suid-Afrikaner wat saam met Eddie werk) en sy vrou Denise was ook saam. Oppad soontoe het ons by 'n massiewe groot "fig tree" gestop wat duisende jare gelede al geplant is. Was nogal iets om te aanskou. Die res van die dag het ons gebraai, boot gery en gekuier. Ons beplan om vanaf die 27 tot die 29ste Desember daar te gaan kamp (ja, ons het al tot vir ons 'n tent gekoop).