09 December 2007

Suid-Afrikaners se Kamp Naweek op Mareeba


Fotos: Ons saam met van ons Suid-Afrikaanse vriende.



Groot pogings word aangewend om die tente op te slaan
Hi,

Ons het die naweek van die 11de November saam met al die Suid-Afrikaaners van Cairns en omgewing saamgetrek en 'n behoorlike boerenaweek gehou.

Eenkeer 'n jaar kom al die Suid-Afrikaners op die SA boer se plaas bymekaar en kamp daar vir die naweek. Ons is die Saterdagoggend vroeg soontoe en het die hele dag saam gekuier. Die kinders het op die trekker gery, die mans het krieket gespeel en verder het ons net gekuier. Die aand het ons 'n groot skaapbraai in die skuur gehou. Dit is 'n naweek om te hou en ek moet erken die BOERE kan kuier. Daar het 'n hele paar die Sondagoggend opgestaan met GROOT kopsere.

Daar is ongeveer so 4 SA boere wat in die Mareeba omgewing met hoofsaaklik Mangos boer. Ek moet sê die boere hier werk hard, want daar is geen "swart" hulp nie. Hier is wel mense wat van plaas tot plaas trek en dan vir 'n maand of wat die boere help as dit oestyd is. Dit is veral jong mense wat so op die plase gaan werk. Die res van die tyd doen die mense wat fisies op die plaas bly al die harde werk.

No comments: