17 March 2008

Elna en Dave kom kuier




Elna (my ma se suster) en haar verloofde Dave was by ons vir 'n paar dae. Dave het besigheid in Auckland, New Zealand gehad en hulle 'n vakansie daarvan gemaak deur Syndey en Cairns ook te besoek.

Nuwejaar 2008






Ons vier Nuwejaar saam met ons vriende by ons huis met 'n "barbeque" en mis al ons SA familie en vriende.

Eddie se Verjaarsdag



Ai, so 'n verraier
Met Eddie se verjaarsdag was ons ongeveer so 35 Suid-Afrikaaners by mekaar gewees by 'n restaurant by die Pier met die naam van Mondo's.

Lake Tinaroo













Hi,
Na ons Green Island "experience" het ons vir 2 dae by Lake Tinaroo gaan kamp. Alhoewel dit omtrent die hele 2 dae katte en honde gereën het was dit baie lekker gewees. Saam met ons was Allen, Odea en hulle kinders. Natuurlik die hoogte punt vir die kinders (almal van hulle) was die boot en al die sports op die water.

16 March 2008

Green Island



























Dit was defnitief die hoogtepunt van ons vakansie gewees - "Green Island"

Ons is die 24ste per boot oor na Green Island en is weer die 26ste terug Cairns toe.

Ek is seker die foto's vertel alles.....

Kersfees 2007

















Hallo Almal

Ek is baie skuldig - het verlede jaar laas iets aan ons "blog" gedoen. Gelukkig kan ek nou vir julle baie nuus en fotos wys.

Die afgelope paar maande was lekker besig gewees. Eddie en Mary was hier vir 2 maande, ons lekker kersfees gehou, was Green Island toe, het gaan kamp by Lake Tinaroo. Dit was Eddie se verjaarsdag en ons het huis gekoop en getrek en 'n skielike besoek van Elna (my tannie) en haar verloofde. Was so lekker om ons familie hier te hê.

Ons is nou "gesettle" en bly baie lekker.

Ons was oor Kersfees by Green Island gewees, maar besluit toe om 'n "voor" Kersfees ete by Odea en Allan te hou. Ons het saam met ons gesinne 'n baie lekker middag gehad.