16 March 2008

Kersfees 2007

















Hallo Almal

Ek is baie skuldig - het verlede jaar laas iets aan ons "blog" gedoen. Gelukkig kan ek nou vir julle baie nuus en fotos wys.

Die afgelope paar maande was lekker besig gewees. Eddie en Mary was hier vir 2 maande, ons lekker kersfees gehou, was Green Island toe, het gaan kamp by Lake Tinaroo. Dit was Eddie se verjaarsdag en ons het huis gekoop en getrek en 'n skielike besoek van Elna (my tannie) en haar verloofde. Was so lekker om ons familie hier te hê.

Ons is nou "gesettle" en bly baie lekker.

Ons was oor Kersfees by Green Island gewees, maar besluit toe om 'n "voor" Kersfees ete by Odea en Allan te hou. Ons het saam met ons gesinne 'n baie lekker middag gehad.

No comments: