24 July 2007

Hallo almal .....


Ek dreig nou al so lank om met hierdie "blog" te begin om julle almal op datum te hou van al ons ervaringe hier in Australia. Ek kry toe vannaand 'n e-mail van 'n vriendin (ook in Australia - Geelong) met haar "blog" en besluit toe dat dit nou tyd is om ook so iets te begin. Ek sal nou probeer om op 'n weeklikse basis ons "blog" op datum te hou met stories en foto's.

Ons is nou al 5 maande hier in Cairns. Die tyd het so vinning gevlieg. Die aanpassing is groot en ons verlang baie na ons familie en vriende. Ons praat gelukkig op 'n weeklike basis met ons ouers en met Eddie en Mary.

Dit gaan goed met die kinders. Michelle geniet skool en pas baie mooi aan. Sy praat al baie oulik Engels (met 'n Aussie aksent) en by Kayla kom die Engelse woorde so tussen die Afrikaanse woorde deur. Sy gaan op die oomblik 2 keer 'n week "kindy" toe.

Eddie werk nog by die Council (hoopenlik nie meer vir lank nie) en ek is 'n "Desparate Housewife" opsoek na werk. Sal julle op hoogte hou van ons vorderinge op hierdie gebied.

Nou ja, al wat ek nou kan se is ...... hou hierdie spasie dop ......

3 comments:

Samuelatwork said...

Hi daar ,

Nice om jul blog te besoek.

Gaan goed met julle ?

Gaan goed hierdie kant.

Groete

Sam Sandra Carly en 2 studente

Donna in Oz said...

Hi Minette

Thanks for your comment on our blog and I like yours too!
We would love to come to Cairns sometime. Perhaps we should try and fly up for a long weekend during the Sept or Dec school holidays. The Jetstar fares are so cheap. Could you recommend a nice family motel or B&B in Cairns when you get a chance and I'll do some homework. I know Wouter would love to see Queensland as I went on my own last time to Townsville.
Regards
Donna

Unknown said...

Hallo Eddie en Minette, Ek en Annekie kuier vandag by Ouma (Sondag middagete geniet en kyk toe na jul blog. Te lekker om van julle te hoor. Ouma se bly om van julle te hoor en dat dit goed gaan en baie liefde groete. Van ons Jo'burgers ook. Groete Chris, Annekie en Ouma. PS Annekie se sy bid elke dag dat hulle julle Woolworths beter moet bestuur sodat al die goed opgesny kan word VOORDAT dir na Minette toe gaan!