29 September 2007

Tipans vs Crocodiles (Basketball Game)








Ons was Saterdag (22/9/07) by ons eerste Basketball Game - Tipans (Cairns) vs Crocodiles (Townsville).

Ons het dit baie geniet en die atmosfeer was "great". Kayla was van die begin af so opgewonde oor alles en het later saam geskree en hande geklap. Ons het ons verkyk aan haar. Basketball is nogal 'n groot sport gebeurtenis hier in Australia en word deur groot mense en kinders bygewoon en almal dra organje of blou. (Tipans se kleure)

Moet ook byvoeg: Toe die "game" klaar is toe verklaar Eddie dat hy dit baie geniet het, maar dit is verseker nie RUGBY nie..... ( daar is nie genoeg bloed nie)

Nuwe nuus hier by ons: Eddie het gister by die Council bedank en begin die 15de Oktober by Maunsell (groot Engineering Company) werk en ek begin more by VIS Constructions werk as 'n "contracts administrator". Ons is albei opgewonde oor die nuwe wendings in ons lewens en hoop maar alles werk goed uit. Weet nou nie so mooi van die huis skoon hou ens. met die voltydse werke nie, maar ons sal nog iets praktiseer. Yippee, nou sal Eddie in die aand moet skottelgoed was .......

Tot volgende keer.

23 September 2007

Ons bak "cup cakes"












Foto: Die eind resultaat

Dit is Sondagoggend - 23 September 2007.
Eddie het gaan Golf speel en ek en die kinders besluit om "cup cakes" te bak.

Ons kyk "World Cup Rugby"


Foto: Nigel, Helius, Ronie en Eddie
















Foto: Mitz, Bonita, Douline en Mariki

Dit is 5 uur in die oggend en ons kyk SA vs Engeland (15 Sep 2007).

Die een nadeel van Aus - as ons wil sport kyk is dit altyd iewers in die middel van die nag of vroeg oggend - maar dit keer ons nie.......

Ek staan al 4 uur op om seker te maak die huis is soortvan aan die kant en pak gou 'n paar koppies reg en maak seker die "tuisgemaakte beskuit" is daar. Teen 5 uur se kant daag die eerste Suid-Afrikaners op teen 6 uur word die eerste bier se nek gebreek. Na die wedstryd het ons lekker saam 'n groot boere ontbyt gemaak en dit vreeslik geniet.