27 August 2007

Ek moet so 'n bietjie spog
















So 'n paar foto's wat ek van die kinders geneem het.

23 August 2007

Ons gaan verken Brisbane


















Hi Almal

Ons was die naweek van die 11de Augustus Brisbane toe - Hoofdoel: Bob Dylan Show (Live).
Brisban is 'n ongelooflike mooi stad met die Brisbane river wat deur die stad vloei. Ongelukkig toe ons daar was kon ons sien dat dit erg droog is en dat dit regtig maande laas daar gereen het en dat daar geweldige water besperkings is - Gelukkig drink Eddie deesdae sy whisky sonder water.

Ons het by Jan en Linda, ook Suid-Afrikaaners wat al 7 jaar in Brisbane is gebly en hulle was so gasvry en ons het heerlik gekuier. Jan maak al ons biltong, droewors en boerewors wat hy dan stuur van Brisbane na Cairns. Hulle het 'n slaghuis in Brisbane.
Sondag het Linda ons geneem om Brisbane te gaan verken. Ons was eers by een van die groot Winkelsentrums gewees om vir die kinders 'n biejtie klere te gaan koop en het daarna die stad gaan verken. Het op die Brisbane Rivier met 'n water taxi gery en die kinders het dit natuurlik vreeslik geniet.

Maandag het ons hulle Movie World toe gevat. Ons het 'n Shrek Fliek in 4D gaan kyk en die kinders het op al wat 'n karretjie, treintjie en wat okal beweeg gery. Kayla is maar skrikkering, maar Michelle het geen keer aan haar nie. Sy het my selfs op een van die Rollercoasters gehad.

Maandagaand was ons na die Bob Dylan Show toe gewees. Daar was seker ongeveer 20 000 mense gewees. Dit was by die Brisbane Entertainment Centre gewees. Die show was baie goed, behalwe dat hy dalk meer van sy ou, bekende "songs" moes gedoen het.
Brisbane was ongelooflik. Volgende op ons lys is Sydney in November om Elton John te gaan kyk.

Beskuit Bak


Hi Almal


Soos julle weet die Australianers het nie 'n idee wat Beskuit is nie en die enigste manier om hier beskuit te kry is om dit self te BAK. Ek moet nou erken dit is iets wat ek nog nooit gedoen het nie en nie regtig weet hoe om te doen nie.


So gaan kuier ons toe een aand by vriende en ek vertel die storie van ek wat nie kan beskuit bak nie aan 2 ou tannies - Oumie en Tannie Emmie wat hier by haar seun in Australia kom kuier het vir 'n maand. Ek word toe in "detail" verduidelik van hoe die beskuit geknie moet word en hoe dit moet rys en dat daar dan bolletjies gemaak moet word ens. Ek het natuurlik vir hulle op daardie stadium soos 'n regte Dom Blond gelyk - want ek sou eerder dink 'n mens maak die deeg aan, gooi dit in 'n pan en bak dit. - Net daar is besluit dat Tannie Emmie die Donderdag vir my gaan kom leer hoe om ordentlike boerebesluit te bak. Die resultaat - Eddie het die lekkerste beskuit vir sy koffie in die oggend. Weet nou nie hoe dit sal gaan as ek dit self moet probeer nie.

05 August 2007

Skyrail Trip
















Foto: Michelle in die Skryrail Karretjie
Een van Cairns so groot Toeriste trekpleister is die Skyrial. Ons het een Sondag besluit om ook 'n bietjie toeris te speel. Jy vertrek vanaf Cairns en dit neem ongeveer 'n uur met die skyrail karretjie tot by Kuranda. Kuranda het baie eetplekke, stalletjies, "bird park" en die gewilde "butterfly sanctuary". Ons het besluit om met die Kuranda trein weer terug te ry Cairns toe, vanwaar hulle ons met 'n bus terug geneem het na ons kar toe. Defnitief die moeite werd om dit te doen.

Fotos van ons dag by Michaelmas Cay Reef















































































02 August 2007

Lake Morris


Foto: Lake Morris





Foto: Dit lyk omtrent soos 'n prentjie uit 'n boek


Foto: Ek en die kinders
In die reenwoud net agter ons huis is daar 'n pad wat gaan na Lake Morris. Dit is ongeveer so 'n halfuur se ry en die ry deur die reenwoud asook Lake Morris is "breathtaking" mooi. Ons het een Sondagoggend besluit om dit te gaan verken. Daar is heerlike braaiplekke en defnitief 'n baie goeie "spot" vir 'n piekniek.





Port Douglas Festival





Ons was die naweek van die 26ste Mei na die Port Douglas Festival toe gewees. Ons het 'n woonstelle in Port Douglas gebly. Die "festival" word elke jaar vir 2 weke lank gehou. Die eerste naweek konsentreer hulle redelik op aktiwiteite vir die kinders en die 2de naweek is meer vir die volwassenes. Ons het die Saterdagaand die "wine and food festival" bygewoon. Daar was ongeveer 2000 mense gewees met 3 bands wat gespeel het. Elke tafel was verantwoordelik vir sy eie dekor en hierdie jaar se tema was "simple red".


01 August 2007

Cooktown

Foto: By uitkyk punt in Cooktown geneem
Ons het vir die Paasnaweek saam met 'n paar Suid-Afrikaaners gaan kamp by Cooktown. Dit is ongeveer so 3 ure se ry noord (teen 100 -110km n uur). Ons het in tente gebly wat bo op stilte gebou is. Die kinders en die mans het lekker in die rivier geswem en dit baie geniet.
Cooktown is vernoem na Kaptein James Cook wie se skip 'n paar honderd jaar terug by Cooktown gestrand het en so is Australia ondek.


Foto: Eddie speel sy kitaar

Foto: Al die "girls" saam

Foto: Ons kamp plek

Kayla se 3de Verjaarsdag