31 July 2007

Michelle se 6de Verjaasdag





Met Michelle se 6de Verjaarsdag het ons 'n koek skool toe gevat en die middag sommer 'n paar Suid-Afrikaanse maatjies genooi vir partytjie ....

Michelle se 1ste dag in die skool

Foto: Michelle se eerste dag in die skool


Michelle se 1st dag in die skool - Ek weet nie wie was die bangste nie: Ek of sy. Sy doen baie goed en leer baie vinning. Die Assie aksent is daar.




Foto: Michelle saam met haar juffrou











Sy is in Redlynch State College - Ongeveer so 10km van waar ons op die oomblik bly.
Sy is in Grade 1D en Lucy Kettle is haar juffrou

27 July 2007

Die Begin .....


Foto: Saam met Magda en Toelie


Foto: In Perth geneem - sien gebou in die agtergrond

Ek het toe maar besluit as ek hierdie "blog" ordentlik wil aanpak sal ek maar by die begin - begin. Ons het al soveel gesien en gedoen en ek sal dit graag met julle almal wil deel. Ek sal ook op 'n latere stadium probeer om vir julle te skryf oor hoe anders van die dinge in Australia vir ons was en dat dit eintlik maar 'n rukkie geneem het om daaraan gewoond te raak.

Met ons vlug na Cairns het ons vir 'n dag oorgestaan op Perth en by ons goeie vriende Toelie en Magda gekuier wat op daardie stadium ook by hulle kinders in Perth gekuier het. Hulle het ons baie welkom laar voel en ons so 'n bietjie van Perth gaan wys. Ons het natuurlik ook vir Johan en Riza Fourie gesien wat ook nou in Perth bly. Dit was defnitief 'n goeie begin tot ons "adventure" ........
Vir die eerste maand in Cairns het ons op Trinity Beach gebly in 'n 2 slaapkamer grondvloer woonstel - reg op die strand. In die begin het dit letterlik gevoel asof ons het op vakansie is. Ons het Cairns in daardie maand leer ken, Michelle is skool toe en Eddie het begin werk.

Ons woon nou in 'n woonbuurt met die naam van Kanimbla Heights teen die Reenwoud. Dit is 'n baie lekker en mooi omgewing en ons is baie naby aan die stad en die skool.

Meer omtrent die stad: Daar is 2 groot winkelsentrums, Cairns Central en Stockland. Hier is ongelooflik baie restaurante. Ek dink jy kan vir elke dag van die jaar by 'n ander restaurant gaan eet. Cairns is 'n toeriste stad en "cater" defnitief net vir toeriste. Al die strande is aan die noorde kant van Cairns en ongelooflik gewild. Palm Cove is waar al die "resorts" is en is pragtig.

Vir al die toeriste aktiwiteite kry ons "local discount" - wat omtrent tussen 20% - 40% afslag is. Jy moet net kan bewys dat jy in Queensland bly en daarvoor het jy 'n bestuurs lisensie nodig. Ek en Eddie moes natuurlik ons leerings en rybewys oorgedoen het - dit nadat ons al vir soveel jaar bestuur. Daar is 3 groot kos kettingswinkels hier: Woolworths (verkoop net kos - nie soos ons dit in SA geken het nie), Coles en IGA. Vleis, vrugte en groete en volop en orals beskikbaar. Defnitief 'n plus punt vir Australia. Meeste van die klere kom van die ooste af en 'n mens moet maar versigtig wees om nie swak kwaliteit te koop nie. Cairns het 3 verskillende Cinema Sentrums - so die keuse is groot waar om te gaan fliek. Die flieks binne in so skoon en netjies. Verskil nogal baie die wat ons in Richardsbaai geken het. Hier is ook baie vir die kinders om te doen waarvan ek dink die gewildste is Muddys. Dit is 'n speel/waterpark waar die kinders verniet kan gaan speel en hulle geniet dit natuurlik geweldig. Ons kan defnitief nie kla oor Cairns nie en is bevoorreg om hier te kan bly.


Foto: Kinders by Muddys

24 July 2007

Hallo almal .....


Ek dreig nou al so lank om met hierdie "blog" te begin om julle almal op datum te hou van al ons ervaringe hier in Australia. Ek kry toe vannaand 'n e-mail van 'n vriendin (ook in Australia - Geelong) met haar "blog" en besluit toe dat dit nou tyd is om ook so iets te begin. Ek sal nou probeer om op 'n weeklikse basis ons "blog" op datum te hou met stories en foto's.

Ons is nou al 5 maande hier in Cairns. Die tyd het so vinning gevlieg. Die aanpassing is groot en ons verlang baie na ons familie en vriende. Ons praat gelukkig op 'n weeklike basis met ons ouers en met Eddie en Mary.

Dit gaan goed met die kinders. Michelle geniet skool en pas baie mooi aan. Sy praat al baie oulik Engels (met 'n Aussie aksent) en by Kayla kom die Engelse woorde so tussen die Afrikaanse woorde deur. Sy gaan op die oomblik 2 keer 'n week "kindy" toe.

Eddie werk nog by die Council (hoopenlik nie meer vir lank nie) en ek is 'n "Desparate Housewife" opsoek na werk. Sal julle op hoogte hou van ons vorderinge op hierdie gebied.

Nou ja, al wat ek nou kan se is ...... hou hierdie spasie dop ......